2016
Ons Ouerskap Potensiaal
Julie 2016


Vroue Besoek Boodskap, Julie 2016

Ons Ouerskap Potensiaal

Bestudeer hierdie materiaal biddend en vra om te weet wat om te deel. Hoe sal ʼn begrip van “Die Familie: ʼn Aankondiging aan die Wêreld” jou geloof in God vermeerder asook diegene waaroor jy waak deur vroue besoek? Vir meer inligting, gaan na reliefsociety.lds.org

Geloof, Familie, Verligting

“Dit was noodsaaklik dat God se geestes kinders ʼn aardse geboorte hê en ʼn geleentheid het om vordering te maak tot die ewige lewe,” het Ouderling Dallin H. Oaks van die Kworum van die Twaalf Apostels geleer. “Kykende na die uiterste doel van die groot plan vir geluk, glo ek dat die uiterste skatte op aarde en in die hemel ons kinders en nasate is.”1

Ouderling Neil L. Andersen van die Kworum van die Twaalf Apostels het gesê:

“Ons glo in families, en ons glo daarin om kinders te hê. …

“‘… En God het [aan Adam en Eva] gesê, Wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde’ [Genesis 1:28]. …

Hierdie gebod is nie vergete of ter syde gestel in Die Kerk van Jesus Christus van die Heiliges van die Laaste Dae nie.”2

Alhoewel nie almal van ons in hierdie lewe kinders mag hê nie, kan ons kinders van alle ouderdomme opvoed. Ons geniet die seëninge om deel van Hemelse Vader se familie te wees, en ons geniet die vreugde en die uitdagings om deel te wees van ʼn aardse familie. En vir menigte, wag ouerskap hul toe in die ewigheid wat voorlê.

Addisionele Skrifgedeeltes

Psalm 127:3; Matthéüs18:3–5; 1 Nefi 7:1; Moses 5:2–3

Lewende Stories

“Baie stemme in vandag se samelewing marginaliseer die belangrikheid daarvan om kinders te hê of stel voor om ouerskap uit te stel of om minder kinders in die familie te hê,” het Ouderling Anderson gesê. “My dogter het my onlangs na ʼn blog wat deur ʼn christen moeder (nie van ons geloof) geskryf is, wat vyf kinders het. Sy het aangedui: ‘Om groot te word in hierdie kultuur, is dit moeilik om ʼn Bybelse perspektief op moederskap te kry. … Kinders val baie laag op die skaal wanneer dit met kollege vergelyk word. Verseker vêr onder wêreld reise. Onder die vermoeë om saans uit te gaan net wanneer jy wil. Onder die opbou van jou liggaam by die gimnasium. Onder enige werk wat jy het of hoop om te hê.’ ‘Moederskap is nie tydverdryf nie, dit is ʼn roeping’ voeg sy by. Jy versamel nie kinders omdat hulle ouliker as seëls is nie. Dit is nie iets wat jy doen as jy ʼn tydjie kan afknyp nie. Dit is waarvoor God jou tyd gegee het.’”3

Notas

  1. Dallin H. Oaks, “Die Groot Plan van Geluk,” Ensign, Nov. 1993, 72, 75.

  2. Neil L. Andersen, “Kinders,” Liahona, Nov. 2011, 28.

  3. Neil L. Andersen, “Kinders,” 28.

Ter Oorweging

In watter opsig is ons aardse familie soortgelyk aan ons hemelse familie?