2016
Getrou aan die Geloof van Ons Voorouers
Julie 2016


Eerste Presidentskap Boodskap, Julie 2016

Getrou aan die Geloof van Ons Voorouers

John Linford was 43 toe hy en sy vrou, Maria, en drie van hulle seuns die besluit gemaak het om hulle tuiste in Gravely, Engeland, te verlaat en om duisende myle te reis om aan te sluit by die Heiliges in die vallei van die Groot Salt Lake. Hulle het hul vierde seun, wat op sending was, agtergelaat, hul besittings verkoop, en in Liverpool aan boord die skip Thornton gegaan.

Die reis per see na New York Stad en toe per land na Iowa, was sonder voorval. Maar, probleme het opgeduik kort nadat die Linfords en die ander Heiliges van die Laaste dae wat ook op die Thornton geseil het, Iowa Stad op 15 Julie, 1856, as deel van die James G. Willie stootkar gesêlskap, verlaat het.

Die ru weer en die en die veeleisende reis het sy tol geëis op menigte van die gesêlskap, insluitende John. Hy het uiteindelik so verswak dat hy in ʼn stootkar gestoot moes word. Teen die tyd dat die gesêlskap Wyoming bereik het, het sy toestand noemenswaardig verswak. ʼn Reddings span vanaf Salt Lake City het op 21 Oktober, net ure na John se aardse lewe tot ʼn einde gekom het, die gesêlskap bereik. Hy is vroeg daardie oggend naby die oewer van die Sweetwater Rivier oorlede.

Was John jammer dat hy die gemak en die gerief verruil het vir die struwelinge, ontberinge, en teenspoed om sy familie na Sion toe te neem?

“Nee Maria,” het hy aan sy vrou gesê net voordat hy gesterf het. “Ek is bly ons het gekom. Ek sal nie leef om Salt Lake te bereik nie, maar jy en die seuns sal, en ek berou niks waardeur ons moes gaan solank as wat ons seuns die geleentheid sal hê om groot te word, en hulle families groot te maak, in Sion nie.”1

Maria en haar seuns het die tog voltooi. Toe Maria om en by 30 jaar later oorlede is, het sy en John ʼn erfenis van geloof, van diens, van toewyding, en van opoffering na gelaat.

Om ʼn Heilige van die Laaste Dae te wees, is om ʼn pionier te wees, want die definisie van ʼn pionier is “een wie vooraf gaan om die weg te open of voor te berei vir andere om te volg.”2 En om ʼn pionier te wees is om vertroud te word met opoffering. Alhoewel daar nie meer van lede van die Kerk verwag word om hul huise te verlaat om die tog na Sion te onderneem nie, moet hulle tog ou gewoontes, langstaande gebruike, en geliefde vriende agter laat. Party maak die senutergende besluit om familie lede wat hul lidmaatskap in die Kerk teenstaan, agter te laat. Heiliges van die Laaste Dae beweeg nie te min voorwaarts, biddend dat geliefdes sal verstaan en aanvaar.

Die pad van ʼn pionier is nie maklik nie, maar ons volg in die voetspore van die uiterste pionier—Jesus Christus—wat vooruit gegaan het, om ons die pad aan te wys wat ons moet volg.

“Kom volg My,”3 is Sy uitnodiging.

“Ek is die weg, die waarheid en die lewe.”4 het Hy aangekondig.

“Kom na My,”5 is Sy uitnodiging.

Die pad kan moeilik wees. Sommige vind dit moeilik om terging en onaangename aanmerke van dwase mense te weerstaan, wie die spot dryf met sedelikheid, eerlikheid en gehoorsaamheid aan God se gebooie. Maar die wêreld het nog altyd gehoorsaamheid aan beginsels, verkleineer. Toe Noag aangesê is om ‘n ark te bou, het die dwase skare na die wolklose hemelruim gekyk en gespot en gelag—totdat die reën begin val het.

Baie eeue gelede op die Amerikaanse vasteland, het mense getwyfel, betwis, en was hulle ongehoorsaam totdat vuur Zarahemla verorber het, die aarde Moroniah ingesluk het, en die water Moroni verswelg het. Bespotting, koggel, ongeskiktheid, en sonde het nie meer bestaan nie. Dit was deur ‘n onaangename stilte, en diep duisternis vervang. Die geduld van God het ‘n einde bereik, Sy tydslyn vervul.

Maria Linford het nooit haar geloof verloor nie, ten spuite van die vervolging in Engeland, die teenspoed tydens die reistog na “die plek wat God … voorberei het,”6 en die beproewinge wat sy daarna vir haar familie en die Kerk verdra het nie.

Tydens ‘n 1937 herdenkings plegtigheid ter ere van haar, by haar graf, het Ouderling George Albert Smith (1870-1951) haar nasate gevra: “Sal julle getrou lewe aan die geloof van jul voorouers? … Strewe om waardig te bly aan al die opofferinge wat hulle namens julle gemaak het.”7

Soos wat ons strewe om om Sion in ons harte op te bou, in ons huise, in ons gemeenskappe, en in ons tuislande, mag ons die standvastige dapperheid en die vasberade geloof onthou van hulle wat hul alles opgeoffer het sodat ons al die seëninge van die herstelde evangelie kan geniet, met al sy hoop en beloftes deur die Versoening van Jesus Christus.

Notas

  1. Sien Andrew D. Olsen, Die Prys Wat Ons Betaal Het (2006), 45-46, 136-37.

  2. Die Compact Edition of the Oxford English Dictionary (1971), “pioneer.”

  3. Lukas 18:22.

  4. Johannes 14:6

  5. Johannes 7:37; sien ook 3 Nefi 9:22.

  6. “Kom, Kom, Julle Heiliges,” Gesang, no. 30.

  7. Sien Olsen, Die Prys Wat Ons Betaal Het 203-4.

Onderrig uit Hierdie Boodskap

Oorweeg dit om diegene wat jy onderrig te vra om aan mense in hulle lewens te dink wat hulle vooraf gegaan het en pioniers vir hulle was. Vra hulle dan om te dink aan toe hulle pioniers was en die weg vir andere voorberei het. Nooi hulle uit om na te dink aan die tye toe hulle opofferings moes maak en hoekom dit die moeite werd was. Jy kan hulle dan uit nooi om hulle getuie van “die uiterste Pionier”, die Redder, aan te teken.