2016
Deel Ewige Geluk
Augustus 2016


Jeug

Deel Ewige Geluk

Een van die beste dinge oor die evangelie is die kennis oor die plan van saligheid. Ons het wonderlike geleenthede om saam met ons familie vir ewig te wees. Die kennis help ons om hoop te hê wanneer ons oorweldig voel deur die wêreld. President Eyring leer, “Ons liefdevolle Hemelse Vader ken ons harte. Sy doel is om ons geluk te gee (sien 2 Nefi 2:25). En so het Hy die geskenk van Sy Seun gegee om die geluk van familie bande wat vir ewig voortgaan moontlik te maak. … Dit is ʼn offer wat elke kind van God wie in die wêreld kom mag eis.”

Daardie seëning geld vir diegene van ons wat nou leef en vir diegene wat gesterf het - maar slegs deur ons hulp. Ons voorvaders is in die geestelike wêreld nou en wag vir ons om hul name vir die tempel ordinansies voor te berei en namens hulle te doen. Maar somtyds kan dit moeilik wees om die werk vir hulle te doen. Ons mag te besig wees of ons mag te ver van die tempel bly om gereëld te gaan.

Gelukkig is daar ander maniere om ons voorvaders te help, soos familie geskiedenis werk te doen, of om ‘kinders op te pas, terwyl ouers tempel toe gaan. Deur te help, dien ons die Here en bring ons hoop van ewige families na diegene aan die anderkant van die sluier.