2016
Die Hoop van Ewige Familie liefde
Augustus 2016


Eerste PRESIDENTSKAP Boodskap, Augustus 2016

Die Hoop van Ewige Familie liefde

Van al die gawes wat ons liefdevolle Hemelse Vader Sy kinders ‘gegun het, is die grootste, die ewige lewe (sien L&V 14:7). Die gawe is om in die teenwoordigheid van God die Vader en Sy Geliefde Seun vir ewig in families te leef. Slegs in die hoogste van die koningkryke van God, die selestiale, sal die liefdevolle bande van familie lewe voortgaan.

Almal van ons hoop vir die blydskap om in liefdevolle families te leef. Vir party van ons is dit ʼn gevoel wat ons nog nie ondervind het nie—ʼn gevoel wat ons weet is moontlik maar nog nie besef nie. Ons kon dit moontlik in die lewens van ander gesien het. Vir ander van ons het familie liefde meer werklik en waardevol gelyk wanneer die dood ons van ʼn kind, ʼn moeder, ʼn vader, ʼn broer,ʼn suster, of ʼn liefdevolle en geliefde grootouer geskei het.

Ons het almal die hoop dat ons eendag weer die warm liefde van daardie familielid’, wie ons so lief gehad het, sal kan voel en wie ons pynlik graag weer wil omhels.

Ons liefdevolle Hemelse Vader ken ons harte. Sy doel is om ons geluk te gee (sien 2 Nefi 2:25). En so het Hy die geskenk van Sy Seun gegee wat dit moontlik maak om die blydskap van familie bande vir ewig te laat voortgaan. Omdat die Verlosser die band van dood gebreek het, sal ons opgewek word. Omdat Hy vir ons sondes versoen het, kan ons deur ons geloof en bekering waardig word vir die selestiale koningkryk, waar families deur liefde vir ewig saam gebind is.

Die Verlosser het die Profeet Elijah na Joseph Smith gestuur om die sleutels van die priesterskap te herstel (sien L&V 110). Met hierdie sleutels, is die verseelings(double dots on the 2nd e) krag, God se grootste gawe aan sy kinders, beskikbaar gestel, om families vir ewig saam te bind.

Dit is ʼn offer wat elke kind van God wat in die wêreld kom, mag eis. ʼn Derde van Sy geestelike kinders het Sy offer in die geestelike wêreld verwerp. Uit die gebrek van voldoende geloof en dan openlike rebellie, kies hulle om nooit die blydskap van Hemelse Vader se geskenk van ewige families te ken nie.

Vir diegene van ons wat die deurslaggewende toets in die vooraardse geestelike wêreld geslaag het en so gekwalifiseer het om die geskenk van sterflike liggame te ontvang, is die keuse van die ewige lewe nogsteeds ons besluit om te maak. As ons geseën is om die herstelde envangelie te vind, kan ons kies om die verbonde met God te maak en te onderhou sodat ons kwalifiseer vir die ewige lewe. Soos ons in daardie getrouheid verdra, sal die Heilige Gees ons hoop en vertroue bevestig dat ons op die pad na die ewige lewe is, om vir ewig in families in die selestiale koningkryk te leef.

Vir party mense mag dit voel asof hierdie ewige vreugde, ‘n onbereikbare doel is. Ouers, kinders, broers en susters het moontlik keuses gemaak wat lyk of hulle hulself diskwalifiseer van die ewige lewe. Jy mag selfs wonder of jy self, deur die Versoening van Jesus Christus, hiervoor kwalifiseer.

ʼn Profeet van God het my een maal raad geoffer wat my vrede gebring het. Ek was bekommerd dat die keuses van ander dit ontmoontlik maak vir ons familie om saam te wees vir ewig. Hy het gese, “Jy bekommer jou oor die verkeerde probleem. Jy leef net waardig vir die selestiale koningkryk, en die familie reelings sal meer wonderlik wees as wat jy jou kan indink.”

Vir al diegene wie se persoonlike ondervindinge, of wie se huwelik en kinders - of awesig daarvan - ʼn skaduwee oor hul hoop gooi, offer ek my getuienis: Hemelse Vader ken en is lief vir jou as Sy geestelike kind. Terwyl jy by Hom en Sy Geliefde Seun was voor hierdie lewe, het Hulle die hoop van ewige lewe in jou hart geplaas. Met die krag van die Versoening van Jesus Christus in werking en met die Heilige Gees se leiding, kan jy nou en sal jy in die wêreld wat kom die familie liefde voel wat jou Vader en Sy Geliefde Seun so graag wil hê dat jy moet ontvang.

Ek getuig dat as jy waardig leef vir die selestiale koningkryk, die pofetiese belofte dat “familie reëlings sal meer wonderlik wees as wat jy jou kan indink” joune sal wees.

Leringe uit Hierdie Boodskap

Oorweeg om diegene vir wie jy onderrig te vertel oor ʼn oomblik toe jy dankbaar was vir die hoop van ewige families. Nooi hulle uit om te wonder oor die oomblik toe hulle dankbaarheid vir ewige families gevoel het. Vra hulle of hulle dit graag wil deel. Jy kan hulle dan uitnooi om oor maniere te dink om te verbeter en waardig te leef vir die selestiale koningkryk sodat die profetiese belofte “familie reëlings … meer wonderlik as wat jy kan dink” hulle sin kan wees.