2016
Koester Families Saam
Augustus 2016


Vroue Besoek Boodskap, Augustus 2016

Koester Families Saam

Bestudeer hierdie materiaal biddend en vra om te weet, wat om te deel. Hoe sal “Die Familie: ʼn Aankondiging aan die Wêreld” te verstaan, jou geloof in God verhoog en diegene ‘oor wie jy deur vroue besoek, waak, te seën? Vir meer inligting, gaan na reliefsociety.lds.org

Geloof, Familie, Verligting

“‘n Man en ‘n vrou het ‘n plegtige verantwoordelikheid om mekaar en hulle kinders lief te hê’”1 Die huis is veronderstel om God se labrotorium van liefde en diens te wees,” het President Russel M. Nelson, President van die Kworum van die Twaalf Apostels gesê.

“Ons Hemelse Vader will hêdat mans en vrouens getrou sal wees aan mekaar en dat hulle hul kinders as ‘n erfenis van die Here, sal ag, en hulle so sal behandel.”2

In die Boek van Mormon, het Jakob gesê, die rede hoekom die Lamaniete op een punt meer regverdig as die Nefiete was, was omdat die mans hulle vrouens lief gehad het, en die vrouens het hulle mans lief gehad, en saam het hulle, hulle kinders lief gehad (sien Jakob 3:7).

Een van die beste wyse om liefde en harmonie in ons huise in te nooi is deur vriendelik met ons familielede te praat. Deur vriendelik te praat nooi ons die Heilige Gees in ons huis e in. Suster Linda K. Burton, Verligting Vereniging algemene president, het ons gevra om dit te oorweeg: “Hoe gereëld spreek ons opsetlik vriendelike woorde aan mekaar?”3

Addisionele Skrifgedeeltes

Romeine12:10; Mosia 4:15.; Leer en Verbonde 25:5

Lewende Stories

Ouderling D. Todd Christofferson van die Kworum van die Twaalf Apostels het ʼn ondervinding gedeel van sy kinderjare wat ʼn indruk op hom gemaak het, oor die belangrikheid van ʼn liefdevolle familie. Toe hy en sy broers nog seuns was, het sy moeder radikale kanker behandeling gehad wat dit baie pynlik gemaak het om haar egter arm te gebruik. Met ʼn familie van seuns was daar baie strykwerk, maar as sy moeder gestryk het, het sy gereëld gestop en in haar kamer gaan huil totdat die pyn bedaar het.

Toe Ouderling Christofferson se vader besef wat aangaan het hy vir ʼn jaar in die geheim sonder middagete gegaan om genoeg geld te spaar om ʼn mashien te koop wat strykwerk makliker gemaak het. Uit liefde vir sy vrou het hy ʼn voorbeeld van koestering gestel binne families vir sy seuns. Van hierdie interaksie het Ouderling Christofferson gesê, “Ek was nie bewus van my vader se opoffering en daad van liefde vir my ma gedurende daardie tyd nie, maar nou dat ek weet, het ek vir myself gesê, Daar is nou ʼn man.”4

Notas

  1. “Die Familie:’n Aankondiging aan die Wêreld,” Liahona, Nov. 2010, 129.

  2. Russel M. Nelson, “Verlossing en Verheerliking,” Liahona, Mei 2008,8

  3. Linda K. Burton, “Ons Sal Saam Opklim,” Liahona, Mei 2015, 31.

  4. D. Todd Christofferson, “Laat Ons Mans Wees” Liahona, Nov 2006, 46.

Ter Oorweeging

Hoe kan ons die Gees in ons huise in nooi, deur ons liefde en barmhartigheid aan andere?