2017
Bid vir Vrede
Februarie 2017


Jeug

Bid vir Vrede

Die skrywer woon in Arizona, VSA.

My ouers het dikwels vergaderings ná kerk bygewoon, en ek het na my drie jonger boeties gekyk en hulle gehelp om middagete te maak—al was hulle dikwels kort van humeur en honger. Ek kon gewoonlik die klein probleme vinnig oplos wanneer hulle begin baklei het. Maar soms was dit moeilik om vrede te herstel as hulle eers begin baklei het, omdat ek geïrriteerd was.

Een middag het my broers in besonder gesukkel om oor die weg te kom. Ek het gevind dat al my pogings om vrede te herstel, dinge net erger gemaak het omdat ek self ontsteld was. Ek het uiteindelik net my eie middagete gemaak en opgehou praat. Ek het uiteindelik aangekondig: “Ek gaan bid. Kan ons asseblief vir ʼn minuut stil wees?” Nadat hulle gekalmeer het, het ek vir ʼn seëning oor die kos gevra. Voor ek die gebed geëindig het, het ek bygevoeg, “En help ons asseblief om vredemakers te wees.”

Eers het dit geblyk asof hulle dit nie gehoor het nie en hulle het weer begin baklei. Ek was kwaad, maar het geweet ek moes so liefdevol en kalm as moontlik wees, omdat ek nou net vir vrede gebid het. Na ʼn minuut het ek begin kalm voel. Ek het geëet sonder om enigiets te sê en die seuns het uiteindelik ophou baklei. Ek het besef dat die vrede wat ek gevoel het, ʼn antwoord op ʼn eenvoudige gebed was. Ek het gebid om ʼn vredemaker te wees en my Hemelse Vader het my gehelp om kalm te bly, selfs wanneer dit so maklik sou gewees het om te skree. Ek weet dat Hy waarlik aan ons vrede kan gee.