2017
Christus se Versoening Is ʼn Bewys van God se Liefde
Februarie 2017


Vrouebesoek-boodskap, Februarie 2017

Christus se Versoening Is ʼn Bewys van God se Liefde

Bestudeer hierdie materiaal biddend en vra om inspirasie om te weet wat om te deel.

Beeld
Verligtingsvereniging seël

Geloof, Familie, Verligting

Wanneer ons verstaan dat ons Hemelse Vader Sy Eniggebore Seun gegee het sodat ons onsterflikheid en die potensiaal vir ewige lewe mag ontvang, help dit ons om God se oneindige en onbegryplike liefde vir ons te verstaan. Ons Verlosser het ons ook lief.

“Wie sal ons skei van die liefde van Christus? …

“Want ek is versekerd, dat geen dood of lewe of engele of owerhede of magte of teenwoordige of toekomende dinge,

“Of hoogte of diepte of enige ander skepsel ons sal kan skei van die liefde van God wat daar in Christus Jesus, onse Here is nie” (Romeine 8:35, 38-39).

Ouderling D. Todd Christofferson van die Kworum van die Twaalf Apostels het van Jesus Christus se versoening gesê: “Die Verlosser se lyding in Getsémané en Sy pyniging op die kruis verlos ons van sonde deur die eise wat geregtigheid op ons gelas het, tevrede te stel. Hy strek genade uit en vergewe diegene wat bekeer. Die Versoening van Jesus Christus stel ook die skuld wat geregtigheid op ons las tevrede, deur ons te genees en te vergoed vir enige lyding wat ons onskuldig verduur. ‘Want kyk, Hy ly die pyne van alle mense, ja, die pyne van elke lewende skepsel, beide manne, vroue en kinders, wat behoort aan die geslag van Adam’ (2 Nephi 9:21; sien ook Alma 7:11–12).”1

Christus het ons op die palms van [Sy] hande gegraveer” (Jesaja 49:16). Linda K. Burton, Verligtingsvereniging, Algemene President het gesê: “Daardie hoogste daad van liefde behoort ons elkeen na ons knieë te stuur in nederige gebed om ons Hemelse Vader te bedank vir Sy liefde vir ons, wat genoeg was dat Hy Sy Eniggebore en perfekte Seun gestuur het om te ly vir ons sondes, ons hartseer, en alles wat onregverdig blyk in ons individuele lewens.”2

Addisionele Skrifture en Inligting

Johannes 3:16; 2 Nefi 2:6–7, 9; reliefsociety.lds.org

Notas

  1. D. Todd Christofferson, “Verlossing” Liahona, Mei 2013, 110.

  2. Linda K. Burton, “ Is Geloof in die Versoening van Jesus Christus in Ons Harte Geskryf?” Liahona, Nov. 2012, 114.

Ter Oorweging

Hoe kan ons ons dankbaarheid en liefde aan God en aan Jesus Christus bewys vir die gawe van ons Verlosser se Versoening?