2017
Vreugde as ʼn Dissipel van Jesus Christus
Augustus 2017


Jeug

Vreugde as ʼn Dissipel van Jesus Christus

Het jy al ooit ʼn slegte dag gehad? Wat het jy gedoen om jouself op te beur? President Uchtdorf weet dat “ons elkeen ons hartseer het, ons teleurstellings, ons droefhede. Ons mag selfs ontmoedig en somtyds oorweldig voel.”

Sy oplossing is om wat hy “ʼn dissipel se lewe” noem, te lei: “bly getrou en hou aan vorentoe beur in geloof.” As ons vorentoe beur in geloof, is ons in staat om God te vertrou, sy gebooie te onderhou, en andere te dien—en vreugde te voel tydens dit alles! Soos President Uchtdorf gesê het: “Diegene wat ʼn dissipel se lewe lei … is diegene wie se klein handelinge dikwels ʼn groot verskil maak.”

Oorweeg dit om ʼn lys te maak van maniere hoe jy ʼn dissipel se lewe kan lei. Byvoorbeeld, jy kan ʼn diens-idee neerskryf soos “Help ʼn ouer om aandete voor te berei” of ʼn idee om die gebooie te onderhou soos “Bid vir meer geduld met my broers en susters.” Die volgende keer wat jy gefrustreerd en oorweldig voel, haal jou lysie uit, kies ʼn idee, en probeer dit!