2017
Lewe ʼn Toegewyde Lewe
Augustus 2017


Vrouebesoek-boodskap, Augustus 2017

Lewe ʼn Toegewyde Lewe

Bestudeer hierdie materiaal biddend en vra om inspirasie om te weet wat om te deel. Hoe sal ʼn begrip van die doel van die Verligtingsvereniging dogters van God help om voor te berei vir die seëninge van die ewige lewe?

Beeld
Relief Society seal

Geloof Familie Verligting

“Om toe te wy is om iets af te sonder of te wy as iets heiligs, toegewys vir heilige doeleindes,” het Ouderling D. Todd Christofferson van die Kworum van die Twaalf Apostels gesê. “Ware sukses in hierdie lewe word bereik deur ons lewens toe te wy —dit is, ons tyd en keuses— aan God se doeleindes.”1

Ouderling Neal A. Maxwell (1926–2004) van die Kworum van die Twaalf Apostels het gesê: “Ons neig om slegs aan toewyding te dink as die oorgawe, wanneer goddelik gebied, van ons materiële besittings. Maar volkome toewyding is om onsself oor te gee aan God.”2

Wanneer ons onsself toewy aan God se doeleindes, sal ons geloof in Jesus Christus en sy Soendood toeneem. Wanneer ons ʼn toegewyde lewe lei, kan ons heilig gemaak word deur daardie handelinge.

Carole M. Stephens, Eerste Raadgewer in die Verligtingsvereniging Presidensie het gesê “Ouderling Robert D. Hales het geleer: ‘Wanneer ons verbonde sluit en onderhou, beweeg ons uit die wêreld en in die koninkryk van God in.’

“Ons is verander. Ons lyk anders en ons tree anders op. Die dinge waarna ons luister en lees en sê is anders en wat ons dra is anders omdat ons dogters van God word, gebind aan hom deur ʼn verbond.”3

Toewyding is die verbond wat God sluit “met die huis van Israel; ná dié dae, spreek die Here: Ek gee my wet in hulle binneste en skrywe dit op hulle hart; en Ek sal vir hulle ’n God wees, en hulle sal vir My ’n volk wees” (Jeremia 31:33). Om ʼn toegewyde lewe te leef is in harmonie met God se plan vir ons.

Addisionele Skrifgedeeltes

1 Thessalonicense 1:3; Leer en Verbonde 105:5

reliefsociety.lds.org

Notas

  1. D. Todd Christofferson, “Reflections on a Consecrated Life,” Liahona, Nov. 2010, 16.

  2. Neal A. Maxwell, “Consecrate Thy Performance,” Liahona, Julie 2002, 39.

  3. Carole M. Stephens, “Wide Awake to Our Duties,” Liahona, Nov. 2012, 115–16.