Studiehulp
JSV, Matthéüs 12


JSV, Matthéüs 12:37–38. Vergelyk Matthéüs 12:43–44; sien ook JSV, Lukas 12:9–12

Wie ook al teen die Heilige Gees spreek sal nie vergewe word nie.

37 Toe kom sommige van die skrifgeleerdes na Hom en sê vir Hom, Meester, dit is geskrywe dat, Elke sonde sal vergewe word; maar U sê, Wie ook al spreek teen die Heilige Gees sal nie vergewe word nie. En hulle het Hom gevra en gesê, Hoe kan hierdie dinge wees?

38 En Hy het vir hulle gesê, Wanneer die onrein gees uit ’n mens weggegaan het, loop hy deur droë plekke, en soek rus maar vind niks nie; maar wanneer ’n mens spreek teen die Heilige Gees, dan sê hy, Ek sal terugkeer na my huis vanwaar ek uitgekom het; en wanneer hy aangekom het, vind hy hom leeg, gevee en netjies; want die goeie gees laat hom aan homself oor.