Studiehulp
JSV, Matthéüs 4


JSV, Matthéüs 4:1, 5–6, 8–9. Vergelyk Matthéüs 4:1, 5–6, 8–9; soortgelyke veranderings is in Lukas 4:2, 5–11 aangebring

Jesus is deur die Gees gelei, nie deur Satan nie.

1 Toe is Jesus deur die Gees na die wildernis gelei om by God te wees.

5 Toe is Jesus opgeneem in die heilige stad en die Gees het hom op die bo-punt van die tempel geplaas.

6 Toe kom die duiwel na hom en sê, Indien U die Seun van God is, werp Uself af, want dit is geskrywe, Hy sal sy engele opdrag gee aangaande U, en in hulle hande sal hulle U dra, sodat U nie op enige tyd u voet teen ’n klip stamp nie.

8 En verder, Jesus was in die Gees, en dit neem hom na ’n uitermate hoë berg en toon aan Hom al die koninkryke van die wêreld en die heerlikheid daarvan.

9 En die duiwel het weer na Hom gekom, en gesê, Al hierdie dinge sal ek aan U gee, indien U sal neerval en my aanbid.

JSV, Matthéüs 4:11. Vergelyk Matthéüs 4:11

Jesus stuur engele om Johannes die Doper te dien.

11 En nou het Jesus geweet dat Johannes in die gevangenis gewerp was, en Hy het engele gestuur, en, kyk, hulle het gekom en hom gedien.

JSV, Matthéüs 4:18. Vergelyk Matthéüs 4:19

Ou Testamentiese profete spreek aangaande Jesus.

18 En Hy het vir hulle gesê, Ek is Hy van wie dit deur die profete geskryf is; volg My, en Ek sal julle vissers van mense maak.

JSV, Matthéüs 4:22. Vergelyk Matthéüs 4:23

Jesus genees mense onder diegene wat in sy Naam glo.

22 En Jesus het rondgegaan deur die hele Galiléa en onderrig in hulle sinagoges, en die evangelie van die koninkryk gepredik; en allerlei soorte siektes en allerlei kwale genees onder die volk wat in sy Naam geglo het.