Studiehulp
JSV, Matthéüs 9


JSV, Matthéüs 9:18–21. Vergelyk Matthéüs 9:16–17

Jesus verwerp die doop van die Fariseërs; dit het geen waarde omdat hulle Hom nie aanvaar nie. Hy verkondig dat Hy die een is wat die wet van Moses gegee het.

18 Toe het die Fariseërs vir Hom gesê, Waarom wil U nie ons met ons doop aanvaar nie, aangesien ons die hele wet onderhou?

19 Maar Jesus het vir hulle gesê, Julle onderhou nie die wet nie. Indien julle die wet onderhou het, sou julle My aanvaar het, want Ek is Hy wat die wet gegee het.

20 Ek ontvang julle nie met julle doop nie, want dit baat julle niks nie.

21 Want wanneer dit wat nuut is, gekom het, is die oue gereed om weggedoen te word.