Studiehulp
JSV, Matthéüs 27


JSV, Matthéüs 27:3–6. Vergelyk Matthéüs 27:3–5; Handelinge 1:18

Judas se dood word beskryf.

3 Toe het Judas, wat Hom verraai het, toe hy sien dat Hy veroordeel was, hom bekeer, en weer die dertig silwerlinge na die owerpriesters en ouderlinge gebring,

4 En gesê, Ek het gesondig daarin dat ek die onskuldige bloed verraai het.

5 En hulle het vir hom gesê, Wat het dit met ons te make? Sorg vir jouself; jou sondes rus op jou.

6 En hy het die silwerlinge in die tempel neergegooi en vertrek en gegaan en homself aan ’n boom opgehang. En dadelik het hy neergeval en sy ingewande het uitgestort en hy het gesterf.