Studiehulp
JSV, Matthéüs 17


JSV, Matthéüs 17:10–14. Vergelyk Matthéüs 17:11–13

Jesus leer van twee Elíasse—een om voor te berei en ’n ander om te herstel.

10 En Jesus het hom geantwoord en vir hulle gesê, Elías sal waarlik eers kom en alle dinge herstel soos die profete geskrywe het.

11 En verder sê Ek vir julle dat Elías alreeds gekom het, aangaande wie dit geskrywe is, Kyk, Ek sal my boodskapper stuur en hy sal die weg voor My voorberei; en hulle het hom nie herken nie en het aan hom gedoen wat hulle ook al wou.

12 So ook sal die Seun van die mens deur hulle ly.

13 Maar Ek sê vir julle, Wie is Elías? Kyk, dít is Elías, wat Ek stuur om die weg voor My voor te berei.

14 Toe het die dissipels verstaan dat Hy met hulle gespreek het van Johannes die Doper, en ook van ’n ander wat sou kom en alle dinge herstel, soos dit geskrywe is deur die profete.