Studiehulp
Isébel


Isébel

’n Goddelose vrou in die Ou Testament van die land Fenícië. Sy was die vrou van Agab (1 Kon. 16:30–31), ’n koning van Israel wat geheers het terwyl Elía profeet was.

Isébel se huwelik met Agab het, meer as enige ander enkele gebeurtenis, die val van die noordelike koninkryk van Israel veroorsaak; Isébel het die ergste vorm van afgodsaanbidding in Israel ingevoer vanaf haar land in die plek van aanbidding van Jehova (1 Kon. 18:13, 19).