Studiehulp
Dooie See


Dooie See

Die sout see aan die suidelike punt van die Jordaanvallei. Dit was ook bekend as die Soutsee. Die oppervlakte daarvan is ongeveer 395 meter onder die Middellandse See. Die stede van Sodom, Gomorra en Soar of Bela was naby die kus van dié see (Gén. 14:2–3).

Ter vervulling van profesie en as een van die tekens van die Tweede Koms van die Saligmaker, sal die waters van die Dooie See genees word, en lewe sal daar floreer (Eség. 47:8–9).