Studiehulp
Vas


Vas

Om vrywilliglik op te hou om te eet of drink met die doel om nader te kom aan die Here en sy seëninge te vra. Wanneer individue en groepe vas, moet hulle ook bid om God se wil te verstaan en om groter geestelike krag te ontwikkel. Vas is altyd beoefen deur ware gelowiges.

In die Kerk vandag word een Sabbatdag elke maand aangewys vir die doel om te vas. Gedurende hierdie tyd bly Kerklede sonder voedsel of water vir ’n tydperk. Hulle skenk dan aan die Kerk die geld wat hulle sou bestee het aan voedsel vir daardie maaltye. Hierdie geld word ’n vasoffer genoem. Die Kerk gebruik die vasofferandes om die armes en die behoeftiges by te staan.