Studiehulp
Dood, Geestelike


Dood, Geestelike

Skeiding van God en sy invloede; om te sterf met betrekking tot dinge wat met regverdigheid te make het. Lucifer en ’n derde deel van die leërskare van die hemel het ’n geestelike dood gely toe hulle uit die hemel gewerp is (L&V 29:36–37).

Geestelike dood is in die wêreld ingebring deur die Val van Adam (Moses 6:48). Sterflike mense met bose gedagtes, woorde en dade is geestelik dood terwyl hulle nog lewe op aarde (1 Tim. 5:6). Deur die Soendood van Jesus Christus en deur gehoorsaamheid aan die beginsels en ordinansies van die evangelie, kan mans en vroue rein word van sonde en die geestelike dood oorwin.

Geestelike dood vind ook plaas na die dood van die sterflike liggaam. Beide herrese wesens en die duiwel en sy engele sal geoordeel word. Diegene wat openlik gerebelleer het teen die lig en waarheid van die evangelie, sal ’n geestelike dood ly. Hierdie dood word dikwels die tweede dood genoem (Alma 12:16; Hel. 14:16–19; L&V 76:36–38).