Studiehulp
Pêrel van Groot Waarde


Pêrel van Groot Waarde

Die koninkryk van God op die aarde word vergelyk met ’n “baie kosbare pêrel” (Matt. 13:45–46).

Die Pêrel van Groot Waarde is ook die naam wat gegee is aan een van vier skriftuurlike volumes, wat die “standaardwerke” van die Kerk van Jesus Christus van die Heiliges van die Laaste Dae genoem word. Die eerste uitgawe van die Pêrel van Groot Waarde is in 1851 gepubliseer en het sekere inligting bevat wat nou in die Leer en Verbonde is. Uitgawes wat vanaf 1902 gepubliseer is, bevat (1) uittreksels van Joseph Smith se vertaling van Génesis, genoem die boek van Moses en Matthéüs 24, genoem Joseph Smith—Matthéüs; (2) Joseph Smith se vertaling van ’n aantal Egiptiese papiri wat hy in 1835 bekom het wat die boek van Abraham genoem word; (3) ’n Uittreksel van Joseph Smith se geskiedenis van die Kerk wat hy in 1838 geskryf het wat Joseph Smith—Geskiedenis genoem word; en (4) Die Geloofsartikels, dertien verklarings oor geloof en leer.