Studiehulp
Wet van Moses


Wet van Moses

God het wette deur Moses aan die huis van Israel gegee om die hoër wet te vervang wat hulle nie gehoorsaam het nie (Ex. 34; JSV, Ex. 34:1–2; JSV, Deut. 10:2 [Bylae]). Die Wet van Moses het uit baie beginsels, reëls, seremonies, rituele en simbole bestaan om die mense te herinner aan hulle pligte en verantwoordelikhede. Dit het ’n wet van morele, etiese, godsdienstige en fisiese gebooie en seremonies ingesluit—insluitende offerandes (Lev. 1–7)—wat bedoel was om hulle te herinner aan God en hulle plig teenoor Hom (Mosia 13:30). Geloof, bekering, doop in water en vergifnis van sondes was deel van die wet, net soos die Tien Gebooie en baie ander gebooie van hoë etiese en morele waarde. Baie van die seremoniële wet is vervul met die dood en Opstanding van Jesus Christus, wat offerandes deur die storting van bloed beëindig het (Alma 34:13–14). Die wet was deur die Aäroniese Priesterskap bedien en was ’n voorbereidende evangelie om sy aanhangers na Christus te bring.