Studiehulp
Esra


Esra

’n Ou Testamentiese priester en skrywer wat sommige van die Jode teruggebring het na Jerusalem vanaf Babiloniese slawerny (Esra 7–10; Neh. 8; 12). In 458 v.C. het hy toestemming gekry van Artasásta, koning van Persië, om enige Joodse bannelinge na Jerusalem te neem wat wou gaan (Esra 7:12–26).

Voor Esra se tyd het die priesters feitlik volle beheer gehad oor die lees van die versameling van geskrewe geskrifte wat die “wet” genoem is. Esra het gehelp om die skrifte beskikbaar te stel aan elke Jood. Die openbare lees van “die boek van die wet” het uiteindelik die middelpunt geword van Joodse nasionale lewe. Miskien het Esra se grootste lering gekom van sy eie voorbeeld om sy hart voor te berei om die Here se wet te soek, dit te gehoorsaam, en dit aan andere te leer (Esra 7:10).

Die boek van Esra

Hoofstuk 1–6 beskryf gebeure wat plaasgevind het vanaf sestig tot tagtig jaar voordat Esra in Jerusalem aangekom het—die dekreet van Kores in 537 v.C. en die terugkeer van die Jode onder Serubbábel. Hoofstuk 7–10 toon hoe Esra na Jerusalem gegaan het. Hy, met sy groep, het gevas en gebid vir beskerming. By Jerusalem het hulle baie Joodse mense gevind wat vroeër na Jerusalem gegaan het onder Serubbábel, en vroue buite die verbond getrou het en hulleself dus verontreinig het. Esra het vir hulle gebid en het hulle onder verbond geplaas om daardie vroue te skei. Die latere geskiedenis van Esra word gevind in die boek van Nehemia.