Studiehulp
Ordinansies


Ordinansies

Heilige plegtighede en seremonies. Ordinansies bestaan uit handelinge wat geestelike betekenis het. Ordinansies kan ook God se wette en insettinge beteken.

Ordinansies in die Kerk sluit in salwing van die siekes (Jak. 5:14–15), om die nagmaal te seën (L&V 20:77, 79), doop deur onderdompeling (Matt. 3:16; L&V 20:72–74). Seëning van kindertjies (L&V 20:70), om die Heilige Gees te skenk (L&V 20:68; 33:15), om die priesterskap te skenk (L&V 84:6–16; 107:41–52), tempelordinansies (L&V 124:39) en die huwelik in die nuwe en ewigdurende verbond (L&V 132:19–20).

Plaasvervangende ordinansies

’n Godsdienstige ordinansie wat uitgevoer word deur ’n lewende persoon ten behoewe van een wat dood is. Hierdie ordinansies tree in werking slegs wanneer diegene vir wie die ordinansie gedoen is, dit aanvaar, die verbonde onderhou wat daarmee gepaard gaan en verseël word deur die Heilige Gees van Belofte. Sulke ordinansies word vandag in die tempels uitgevoer.