Studiehulp
Dood, Fisiese


Dood, Fisiese

Die skeiding van die liggaam en die gees. Die Val het sterflikheid en die dood na die aarde gebring (2 Ne. 2:22; Moses 6:48). Die Soendood van Jesus Christus het die dood oorwin sodat elkeen opgewek sal word (1 Kor. 15:21–23). Opstanding is ’n vrye gawe aan alle mense ongeag of hulle goed of kwaad gedoen het in hierdie lewe (Alma 11:42–44). Elke persoon ly net een fisiese dood aangesien as ons eenmaal opgestaan het, kan ons liggame nie meer sterf nie (Alma 11:45).